Jeremia 5:3-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. En dit terwyl U waarheid eis, Here!U het hulle geslaan,maar hulle het hulle nie aan U gesteur nie;U het hulle hard geslaan,maar hulle het hulle nie laat leer nie,hulle koppe was harder as klip,hulle het geweier om hulle te bekeer.

4. Ek het eers gedink:dis maar die gewone mense wat so dwaas optree,want hulle ken nie die wil van die Here nie,hulle weet nie wat hulle God van hulle verwag nie;

5. ek sal na die leiers toe gaan en met hulle praat,want hulle ken die wil van die Here,hulle weet wat hulle God van hulle verwag.Maar ook hulle het almal in opstand gekom,die gesag van God verwerp.

6. Daarom sal leeus uit die bos hulle kom doodmaak,wolwe uit die woestyn hulle kom verskeur,en luiperds by hulle stede op die loer lêom elkeen wat uit die stad uitgaan, te vang.Hulle oortredings is baie, hulle het gedurig afgedwaal.

Jeremia 5