Jeremia 46:8-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Egipte stroom oor sy walle soos die Nyl,hy brul soos die groot rivieren sê: “Ek sal oor my walle stroom en die aarde bedek,ek sal stede wegvee saam met hulle inwoners.”

9. Spring, perde! Storm voort, strydwaens!Trek op, soldate uit Kus en Put,met skilde gewapen,trek op, boogskutters uit Lud!

10. Dié dag behoort aan die Here,die Here die Almagtige.Dit is 'n dag van wraakwaarop Hy Hom op sy vyande gaan wreek.Die swaard sal oorgenoeg kry,hy sal dronk word van hulle bloed:daar is 'n offerfees vir die Here,vir die Here die Almagtige,daar in die noordland, op die oewer van die Eufraat.

11. Gaan na Gilead toe, Egipte,gaan haal balsem;jou baie medisynes help nie,jy word nie gesond nie.

12. Die ander nasies hoor van jou vernedering,jou smartkrete vul die aarde.Soldaat na soldaat het geval,die een het met die ander saam gesneuwel.

Jeremia 46