Jeremia 43:3-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Dit is Baruk seun van Nerija wat jou teen ons opstook om ons in die mag van die Galdeërs te laat beland sodat hulle ons kan doodmaak of ons na Babel toe kan verban!”

4. Joganan seun van Kareag, die leëraanvoerders en die manskappe wou nie een die Here gehoorsaam en in Juda bly nie.

5. Hulle het almal saamgevat wat van Juda oor was, wat van oral waar hulle onder die ander nasies verstrooi was, teruggekom het om in Juda te bly,

6. mans, vrouens en kinders, en ook die prinsesse en al die ander wat deur die hoof van die lyfwag Nebusaradan onder die sorg van Gedalja seun van Agikam, seun van Safan, geplaas was, ook die profeet Jeremia en Baruk seun van Nerija.

7. Joganan-hulle het die Here nie gehoorsaam nie en is na Egipte toe. Daar het hulle in Tagpanges aangekom.

Jeremia 43