33. Dit is die verbond wat Ek in die toekoms met Israel sal sluit, sê die Here: Ek sal my woord op hulle harte skryf en dit in hulle gedagte vaslê. Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees.
34. 'n Man sal nie meer vir sy buurman of vir sy broer voorhou: “Jy moet die Here dien” nie, want almal sal My dien, klein en groot, sê die Here. Ek sal hulle oortredings vergewe en nie meer aan hulle sondes dink nie.
35. So sê die Here,Hy wat die son bedags laat skyn,die maan en sterre beveel om snags te skitter,Hy wat die see onstuimig laat word, wat sy golwe laat druis,wie se Naam Here die Almagtige is:
36. Eers as hierdie dinge uit my teenwoordigheid verdwyn, sê die Here, sal die nageslag van Israel ophou om vir altyd in my teenwoordigheid 'n nasie te wees.
37. So sê die Here:As die hemel daarbo afgemeet kan worden as die fondamente van die aarde daaronder vasgestel kan word,sal Ek die hele nageslag van Israel verwerpoor alles wat hulle gedoen het, sê die Here.
38. Daar kom 'n tyd, sê die Here, dat hierdie stad vir My herbou sal word van die Gananeltoring af tot by die Hoekpoort.
39. Die maatlyn sal van daar af reguit loop tot by die Garebheuwel en dan sal dit swaai na Goa toe.
40. Die hele dal waar lyke en as weggegooi word, en al die terrasse tot by Kedronspruit en ooswaarts tot by die Perdepoort sal aan die Here gewy wees. Dit sal nooit weer uitgeruk of platgeslaan word nie.