16. Wanneer julle vrugbaar is en baie word in die land, in daardie dae, sê die Here, sal niemand meer uitroep: “Die verbondsark van die Here!” nie; dit sal nie meer in iemand se gedagte opkom nie, niemand sal dit eers meer noem of dit mis nie en niemand sal 'n nuwe maak nie.
17. In daardie tyd sal hulle Jerusalem noem: “Die troon van die Here” en al die nasies sal in Jerusalem bymekaarkom om die Naam van die Here te eer. Hulle sal nie hardkoppig bly nie.
18. In daardie dae sal Juda by Israel aansluit en hulle sal saam uit die noordelike landstreek kom na die land wat Ek as besitting aan hulle voorvaders gegee het.
19. Ek het gesê:Hoe graag wil Ek jou 'n seun van My maaken aan jou 'n lieflike land gee,'n besitting liefliker as enigiets wat enige nasie het.Ek het gesê: Noem My “Vader”en moet nooit weer van My af wegdraai nie.