Jakobus 5:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. En nou, julle rykaards, kerm en kla oor al die swaar wat oor julle gaan kom.

2. Julle rykdom sal tot niet gaan en julle klere sal deur motte opgevreet word,

3. julle goud en silwer sal verroes. Die roes sal teen julle getuig en aan julle vreet soos 'n vuur. Julle maak skatte bymekaar, en dit terwyl dit die laaste dae is.

4. Ja, julle hou die loon agter van die werkers wat julle lande afgeoes het. Dit skreeu ten hemel; die geroep van dié wat geoes het, het tot by die Here die Almagtige gekom.

5. Hier op aarde lewe julle in weelde en oordaad; julle smul na hartelus, en dit terwyl die slagdag reeds daar is.

6. Julle veroordeel en vermoor die onskuldige en hy bied geen teenstand nie.

7. Wag dan geduldig, broers, totdat die Here kom. Let op hoe die boer wag vir die kosbare oes wat die land oplewer. Hy wag geduldig daarvoor totdat dit die vroeë en die laat reëns gekry het.

8. Julle moet ook geduldig wag en moed hou, want dit is nie meer lank nie, dan kom die Here.

Jakobus 5