Jakobus 5:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. En nou, julle rykaards, kerm en kla oor al die swaar wat oor julle gaan kom.

2. Julle rykdom sal tot niet gaan en julle klere sal deur motte opgevreet word,

3. julle goud en silwer sal verroes. Die roes sal teen julle getuig en aan julle vreet soos 'n vuur. Julle maak skatte bymekaar, en dit terwyl dit die laaste dae is.

4. Ja, julle hou die loon agter van die werkers wat julle lande afgeoes het. Dit skreeu ten hemel; die geroep van dié wat geoes het, het tot by die Here die Almagtige gekom.

Jakobus 5