Jakobus 2:21-23 Afrikaans 1983 (AFR83)

21. Ons voorvader Abraham het sy seun Isak op die altaar gelê. Is dit nie op grond van wat hy gedoen het dat God hom vrygespreek het nie?

22. Jy sien dus dat sy geloof met dade gepaard gegaan het en dat dit eers deur dade volkome geword het.

23. So is die Skrif vervul wat sê: “Abraham het in God geglo, en God het hom vrygespreek,” en hy is 'n vriend van God genoem.

Jakobus 2