Hosea 5:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Luister hierna, priesters!Let op, leiers van Israel,gee aandag, koningshuis!Hierdie oordeelswoord is vir julle bedoel.Julle is die wip in Mispa,die oopgespreide vangnet op Tabor,

2. die diep vanggat in Sittim.Maar Ek gaan julle almal straf.

3. Ek ken Efraim en Ek weet wat in Israel aangaan.Omdat jy jou nou aan hoerery oorgegee het, Efraim,is Israel verontreinig.

4. Hulle dade maak dit vir hulle onmoontlik om na hulle God toe terug te keer, want 'n hoergees het by hulle posgevat en hulle is nie meer aan die Here toegewy nie.

5. Israel se hoogmoed getuig teen hom, en Israel en Efraim sal saam tot 'n val kom oor hulle sonde. Selfs Juda het saam met hulle tot 'n val gekom.

Hosea 5