Hosea 14:8-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Dié wat voorheen by die Libanon gewoon het, sal terugkom. Hulle sal weer koring verbou. Hulle sal welig groei soos 'n wingerdstok. Die roem van Israel sal wees soos die wyn van die Libanon.

9. Efraim, Ek wil niks te maak hê met afgodsbeelde nie. Ek het jou verneder, maar Ek sal jou weer onder my sorg neem. Ek is soos 'n groen sipres. Alles wat jy het, sal van My af kom.

10. Wie wysheid het, sal op hierdie woorde ag slaan. Wie verstandig is, sal dit ter harte neem, want wat die Here doen, is reg. Die regverdiges lewe daarvolgens, en die opstandiges kom daardeur tot 'n val.

Hosea 14