Handelinge 9:9-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. Drie dae lank kon hy nie sien nie en het hy niks geëet of gedrink nie.

10. In Damaskus was daar 'n sekere volgeling van Jesus met die naam Ananias. Die Here het hom in 'n gesig geroep: “Ananias!”“Hier is ek, Here,” het hy geantwoord.

11. En die Here sê vir hom: “Gaan dadelik na Reguitstraat toe en vra by Judas se huis na 'n man van Tarsus met die naam Saulus. Hy is besig om te bid

12. en hy het in 'n gesig 'n man met die naam Ananias sien inkom wat hom die hande oplê sodat hy weer kan sien.”

13. Maar Ananias sê: “Here, ek het al by baie mense van hierdie man gehoor en van al die kwaad wat hy die mense wat in U glo, in Jerusalem aangedoen het.

14. En nou is hy hier met volmag van die priesterhoofde om almal gevange te neem wat u Naam aanroep.”

Handelinge 9