Habakuk 3:6-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Wanneer Hy staan, skud die aarde;wanneer Hy kyk, bewe die nasies.Die eeue-oue berge verkrummel,die ou-ou heuwels val inmekaar,die berge waaroor Hy van ouds af gewandel het!

7. Ek het gesien hoe onheil die tente van Kusan tref,hoe die tentdoeke van Midian bewe.

8. Was U kwaad vir die riviere, Here?Het u toorn teen die strome ontvlam?Het die see U woedend gemaakdat U op u perde gery het,op die strydwaens waarmee U oorwin?

9. U het u boog uitgehaalen met 'n eed die opdrag aan die pyle bevestig. SelaU het die aarde oopgebreek en riviere laat stroom.

10. Toe die berge U sien, het hulle gebewe,stormwaters het verbygespoel,die diep water het gedreunen sy golwe hoog laat opslaan.

11. Toe u vlieënde pyle blitsen u blink spies flikker,het die son en die maan gaan stilstaan op hulle plek.

12. In u gramskap stap U oor die aarde,in u toorn vertrap U die nasies.

13. U het uitgegaan om u volk te red,om u gesalfde koning te red.U verpletter die aanvoerder van die goddeloses,U stroop hulle kaal van kop tot tone. Sela

14. Met sy eie pyle deurboor U die aanvoerderwanneer sy manskappe uitstorm om ons te verstrooiterwyl hulle jubel soos dié wat dieellendiges in hulle skuilplekke verslind.

15. U trek deur die see met u perdesodat die magtige waters bruis.

16. Toe ek hierdie dinge hoor, het ek gesidder,my lippe het gebewe,my hele liggaam het lam geword,my bene het aan die ruk gegaan.Tog sal ek geduldig wagdat die dag van die oordeelmoet kom oor die volk deur wie ons aangeval is.

17. Al sou die vyeboom nie bot nieen daar geen druiwe aan die wingerde wees nie,al sou die olyfoes misluken die lande geen oes lewer nie,al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nieen die beeskrale sonder beeste wees,

Habakuk 3