3. God kom van Teman af,die Heilige kom van Paranberg af. SelaDie hemelruim is vol van sy majesteit,die aarde vol van sy roem.
4. Hy kom met die glans van die lig,weerligte blits uit sy hand,sy hand so vol mag.
5. Voor Hom uit gaan die pes,in sy voetstappe volg die dood.
6. Wanneer Hy staan, skud die aarde;wanneer Hy kyk, bewe die nasies.Die eeue-oue berge verkrummel,die ou-ou heuwels val inmekaar,die berge waaroor Hy van ouds af gewandel het!