10. Noag het drie seuns gehad: Sem, Gam en Jafet.
11. Die aarde was korrup in die oë van God, vol geweld;
12. Hy het die aarde gesien: dit was korrup, elke mens op aarde se lewe was verrot.
13. Toe sê God vir Noag: “Ek het besluit om 'n einde te maak aan alle mense, want deur hulle toedoen is die aarde vol geweld. Ek gaan hulle saam met die aarde verdelg.
14. “Maak vir jou 'n ark van goferhout. Jy moet vertrekke in die ark maak en dit binne en buite met pik dig maak.