23. Hy het die kleinkinders van Efraim gesien, en hy kon nog die kinders van Manasse se seun Makir as sy eie aanneem.
24. Josef het vir sy broers gesê: “Na my dood sal God na julle omsien en Hy sal julle uit hierdie land uit laat trek na die land toe wat Hy met 'n eed beloof het aan Abraham, Isak en Jakob.”
25. Josef het die seuns van Israel met 'n eed laat beloof: “Wanneer God na julle omsien en julle laat trek, moet julle my liggaam van hier af saamvat.”
26. Josef is dood toe hy honderd en tien jaar oud was. Hulle het hom gebalsem en hom daar in Egipte in 'n kis gesit.