Genesis 46:27-33 Afrikaans 1983 (AFR83)

27. In Egipte was daar reeds twee seuns vir Josef gebore. Jakob se afstammelinge was dus altesaam sewentig, en hulle was in Egipte.

28. Jakob het vir Juda vooruit gestuur na Josef toe om hom te laat weet dat hy op pad is na Gosen toe. Nadat Jakob-hulle in Gosen aangekom het,

29. het Josef sy wa laat inspan om sy pa Israel in Gosen te gaan ontmoet. Toe Josef hom sien, het hy hom omhels en lank so gestaan en huil.

30. Toe sê Israel vir Josef: “Nou kan ek maar sterf. Ek het jou gesien. Jy lewe nog!”

31. Josef het vir sy broers en vir sy hele familie gesê: “Ek wil vir die farao gaan sê my broers en my familie het uit Kanaän hier aangekom.

32. Die manne is kleinveeboere, mense met vee, en hulle het hulle kleinvee en grootvee en alles wat hulle besit, saamgebring.

33. As die farao julle nou laat roep en vir julle vra wat is julle nering,

Genesis 46