8. Maar hy wou nie en hy het vir sy eienaar se vrou gesê: “Meneer steur hom aan niks vandat ek hier is nie. Wat hy besit, het hy onder my sorg geplaas.
9. Daar is niemand wat in hierdie huis meer gesag het as ek nie. Meneer het niks van my teruggehou nie, behalwe vir u, want u is sy vrou. Hoe kan ek so 'n verkeerde ding doen? Ek sal mos teen God sondig!”
10. Sy het dag vir dag by Josef aangehou, maar hy het bly weier om by haar te gaan slaap.
11. Op 'n dag toe Josef in die huis ingaan om sy werk te doen, was daar niemand van die ander slawe in die huis nie.
12. Toe gryp Potifar se vrou hom aan sy klere en sê: “Kom lê by my.” Maar Josef het buitentoe gevlug, terwyl sy 'n stuk van sy klere in haar hand bly hou.
13. Toe sy sien dat hy buitentoe gevlug het terwyl sy 'n stuk van sy klere in haar hand bly hou,