Genesis 30:3-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Ragel het vir hom gesê: “Hier is my slavin Bilha. Hou gemeenskap met haar sodat sy haar kind op my knieë in die wêreld kan bring en ek deur haar 'n kind kan hê.”

4. Ragel het vir Bilha aan Jakob gegee as vrou en hy het met haar gemeenskap gehad.

5. Sy het swanger geword en vir Jakob 'n seun in die wêreld gebring.

6. Toe sê Ragel: “God het in my guns uitspraak gelewer, Hy het my gebed verhoor en vir my 'n seun gegee.” Daarom het sy hom Dan genoem.

7. Bilha die slavin van Ragel het weer swanger geword en 'n tweede seun vir Jakob in die wêreld gebring.

8. Ragel het toe gesê: “Ek was in 'n bitter swaar stryd gewikkel met my suster, maar ek het gewen.”Toe noem sy die seun Naftali.

Genesis 30