Genesis 28:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Toe roep Isak vir Jakob en neem van hom afskeid en sê vir hom: “Jy mag nie met 'n Kanaänitiese meisie trou nie.

2. Gaan na Paddan-Aram toe, na die huis van jou ma se pa Betuel toe, en trou daar met 'n dogter van jou oom Laban.

3. God die Almagtige sal jou seën: Hy sal jou vrugbaar maak en jou 'n groot nageslag gee. Jy sal 'n baie groot volk word.

Genesis 28