Genesis 11:28-32 Afrikaans 1983 (AFR83)

28. Haran het in Ur van die Galdeërs, sy geboorteland, gesterf toe sy vader Tera nog geleef het.

29. Abram het getrou en Nahor ook: Abram se vrou se naam was Sarai en dié van Nahor se vrou was Milka, 'n dogter van Haran wat nie net die vader van Milka was nie, maar ook van Jiska.

30. Sarai was onvrugbaar; sy het nie kinders gehad nie.

31. Tera het sy seun Abram geneem en ook sy kleinseun Lot seun van Haran, en sy skoondogter Sarai die vrou van sy seun Abram, en saam met hulle uit Ur van die Galdeërs weggetrek om na Kanaän toe te gaan. Maar hulle het net tot by Haran getrek en in dié stad gaan woon.

32. Tera was twee honderd en vyf jaar oud toe hy in Haran gesterf het.

Genesis 11