Genesis 11:17-28 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. Heber het na die geboorte van Peleg nog 430 jaar geleef en het seuns en dogters gehad.

18. Toe Peleg 30 was, het hy die vader geword van Reü.

19. Peleg het na die geboorte van Reü nog 209 jaar geleef en het seuns en dogters gehad.

20. Toe Reü 32 was, het hy die vader geword van Serug.

21. Reü het na die geboorte van Serug nog 207 jaar geleef en het seuns en dogters gehad.

22. Toe Serug 30 was, het hy die vader geword van Nahor.

23. Serug het na die geboorte van Nahor nog 200 jaar geleef en het seuns en dogters gehad.

24. Toe Nahor 29 was, het hy die vader geword van Tera.

25. Nahor het na die geboorte van Tera nog 119 jaar geleef en het seuns en dogters gehad.

26. Toe Tera 70 was, het hy die vader geword van Abram, Nahor en Haran.

27. Hier volg die familiegeskiedenis van Tera. Tera het die vader geword van Abram, Nahor en Haran, en Haran het die vader geword van Lot.

28. Haran het in Ur van die Galdeërs, sy geboorteland, gesterf toe sy vader Tera nog geleef het.

Genesis 11