Ester 1:5-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Daarna het die koning almal in die stad Susan, groot en klein, 'n week lank in die paleistuin onthaal.

6. Daar het wit en bloedrooi linnedoeke gehang wat met pers linnetoue vas was aan silwerringe aan marmerpilare. Verder was daar silwer- en goue rusbanke op 'n plaveisel van vier soorte kosbare klip.

7. Wyn is bedien in goue bekers van verskillende ontwerpe en daar was 'n oorvloed koninklike wyn soos 'n mens van 'n koning kon verwag.

8. Op bevel van die koning is niemand gedwing om te drink nie. Hy het al sy paleisbediendes beveel om na elkeen se wens te handel.

9. Koningin Vasti het intussen ook die vrouens onthaal in die paleis van koning Ahasveros.

10. Op die sewende dag, toe die koning baie vrolik was van die wyn, het hy sewe paleisbeamptes geroep: Mehuman, Bisseta, Garbona, Bigta, Abagta, Setar en Karkas.

Ester 1