Esegiël 5:16-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

16. “Wanneer Ek my pyle op julle, inwoners van Jerusalem, afskiet, doen Ek dit juis om julle uit te roei. My pyle is swaar hongersnood waardeur julle uitgeroei sal word, en Ek sal dit al erger laat word, Ek sal julle kos laat opraak.

17. Ek bring hongersnood en 'n roofdierplaag oor julle wat julle kinders sal uitroei; pes en bloedvergieting sal julle tref, Ek bring oorlog oor julle. Ek, die Here, sê dit.”

Esegiël 5