Esegiël 47:4-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Hy het nog vyf honderd meter afgemeet en my deur die water laat loop. Dit was kniediep. Hy het nog vyf honderd meter afgemeet en my deur die water laat loop. Dit het tot by my heupe gekom.

5. Toe meet hy nog vyf honderd meter, maar toe was die water 'n stroom waar ek nie kon deur nie. Die water was diep, sodat 'n mens sou moes swem; dit was 'n stroom waar 'n mens nie deur kon loop nie.

6. Die man sê toe vir my: “Sien jy dit, mens?”Hy laat my toe al langs die stroom terugstap.

7. Terwyl ek so terugstap, sien ek daar staan groot, hoë bome weerskante op die stroom se wal.

8. Die man het vir my gesê: “Hierdie water loop weg na die streek oos toe en af na die Jordaanvallei toe waar dit in die Dooie See sal inloop. Wanneer dit in die Dooie See inloop, sal die water van die Dooie See vars word.

Esegiël 47