6. En as jy daarmee klaar is, moet jy op jou regtersy lê en die sonde van die volk Juda dra, veertig dae lank: Ek lê jou 'n dag op vir elke jaar.
7. “Kyk stip na die beleëring van Jerusalem, dreig die stad, tree as profeet op teen hom.
8. Ek bind jou met toue vas, sodat jy nie van die een sy op die ander kan draai voor jy klaar is met die beleëring nie.
9. “Vat koring, gars, boontjies, lensies, sorghum en spelt, sit dit in 'n skottel en maak vir jou kos daarvan. Jy moet daarvan eet so lank jy op jou sy lê, drie honderd en negentig dae lank.
10. Die kos wat jy elke dag moet eet, moet twee honderd en dertig gram weeg, en jy moet dit met tussenposes eet.
11. Die water wat jy moet drink, moet afgemeet word: ses honderd en sewentien milliliter. Jy moet dit met tussenposes drink.