6. So seker as Ek leef,” sê die Here my God, “Ek laat jou bloed vloei; jou moorde sal jou inhaal. Omdat jy self nie geskroom het om bloed te laat vloei nie, sal die moorde jou inhaal.
7. Ek maak die bergland van Seïr 'n verwoeste, verlate land, Ek roei al wat beweeg, uit hom uit.
8. Ek laat die lyke van sy mense sy berge vol lê; dié wat deur die swaard afgemaai is, sal val op jou heuwels, in jou valleie, in al jou klowe.
9. Ek maak jou vir altyd 'n verlate land, jou stede sal nie weer bewoon word nie. Dan sal julle besef dat Ek die Here is.