1. Op die eerste van die twaalfde maand, in die twaalfde jaar, het die woord van die Here tot my gekom:
2. “Mens, sing 'n treurlied oor die farao, koning van Egipte. Jy moet oor hom sê:“Jy was soos 'n leeu onder die nasies,maar jy is tot swye gebring.Jy was soos die groot monster in die see,jy het jou rivierwaters laat kook,die waters troebel gemaak met jou voete,die riviere modderig laat word.”
3. So sê die Here my God:“Tussen die baie nasies wat saamgekom het,gooi Ek my vangnet oor jou,en hulle trek jou op in my net.
4. Ek gooi jou op die grond,Ek slinger jou die veld in,Ek laat al die voëls op jou kom sit,Ek laat die roofdiere hulle vol vreet aan jou.