1. Op die twaalfde van die tiende maand, in die tiende jaar, het die woord van die Here tot my gekom:
2. “Mens, draai jou gesig na die farao, die koning van Egipte toe en tree op as profeet teen hom en teen die hele Egipte.
3. Jy moet praat, jy moet sê: So sê die Here my God:“Ek gaan teen jou optree, farao, koning van Egipte,groot krokodil wat rustig in jou rivier lêen sê: ‘Dis my rivier, ek het hom gemaak!’