Esegiël 26:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Op die eerste dag van die maand, in die elfde jaar, het die woord van die Here tot my gekom:

2. “Mens, Tirus verlekker hom oor Jerusalem en sê: Die Poort van die Volke is stukkend gebreek, ek geniet die voordeel daarvan, ek word ryk nou dat daardie stad 'n puinhoop is.

3. “Daarom,” so sê die Here my God, “gaan Ek nou teen jou optree, Tirus. Soos die golwe van die see, so laat Ek baie nasies oor jou spoel.

4. Hulle sal die mure van Tirus verwoes, sy torings afbreek. Ek sal sy grondlaag van hom afvee en hom 'n kaal klipplaat maak.

5. Hy sal nog net 'n plek in die see wees waar visnette droog gemaak word. Ek het gepraat, sê die Here my God. Tirus sal 'n stuk buit vir die nasies word.

Esegiël 26