Esegiël 22:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die woord van die Here het tot my gekom:

2. “Mens, wil jy hom oordeel, wil jy oor die stad van bloedvergieting oordeel? Vertel dan vir hom van sy afskuwelike dade.

3. Jy moet sê: So sê die Here my God: Stad wat bloed vergiet het in homself en so die oordeel oor hom gebring het, wat vir hom afgode gemaak het en so homself verontreinig het,

4. jy staan skuldig aan die bloed wat jy vergiet het, jy is onrein deur jou afgode wat jy gemaak het. Jy het self jou oordeelsdag nader gebring en by jou einde uitgekom. Ek maak jou 'n spot onder die nasies; al die lande sal vir jou lag.

5. Dié wat naby jou is en dié wat ver van jou af is, sal vir jou lag. Jy gaan so erg te kere dat jou naam vuil geword het.

6. “Elke regeerder van Israel het sy mag misbruik om bloed te vergiet in jou.

7. Vader en moeder is in jou verag, die vreemdeling is verdruk in jou, die weeskind en die weduwee is mishandel in jou.

8. Wat aan My gewy is, het jy geminag, my sabbatte het jy ontheilig.

Esegiël 22