Esegiël 14:14-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. sou selfs daardie drie manne van ouds, Noag, Daniël en Job wat volgens my wil geleef het, net hulleself in die lewe kon hou, sê die Here my God.

15. Of as Ek ongediertes die land laat oorval, en hulle maak die mense dood, sodat die land verlate word, en niemand daar langs trek nie as gevolg van die ongediertes,

16. sou so seker as Ek leef, sê die Here my God, dié drie manne as hulle daar was, nie hulle kinders kon red nie. Hulle sou net self gered word, maar die land sou verlate wees.

17. Of as Ek oorlog oor daardie land bring en die swaard beveel om die land deur te gaan en Ek mens en dier uit die land uitroei,

18. sou so seker as Ek leef, sê die Here my God, dié drie manne as hulle daar was, nie hulle kinders kon red nie. Hulle sou net self gered kon word.

19. Of as Ek pes oor daardie land stuur en Ek my toorn daarteen laat losbreek om mens en dier daar uit te roei in 'n groot slagting,

Esegiël 14