4. Die magtige teenwoordigheid van die Here het van bo die gerubs af opgestyg en bokant die tempel se drumpel gaan staan. Die tempel is gevul met die wolk, en die voorhof was vol van die glans van die magtige teenwoordigheid van die Here.
5. Die geruis van die gerubs se vlerke kon tot in die buitenste voorhof gehoor word. Dit was soos die gedruis wanneer die almagtige God praat.
6. Toe Hy die man met die linneklere beveel: “Gaan vat vuur tussen die wiele, tussen die gerubs,” het hy langs 'n wiel gaan staan.
7. 'n Gerub het sy hand daar tussen die gerubs uit na die vuur toe uitgesteek wat tussen die gerubs was, en kole gevat en dit gesit in die twee hande van die man met die linneklere aan. Die man het dit gevat en uitgekom.
8. Onder die vlerke van die gerubs het iets sigbaar geword; dit het gelyk soos menshande.
9. Ek het langs die gerubs vier wiele gesien, een langs elke gerub. Die voorkoms van die wiele was dié van edelstene.