15. Hulle het toe van suiwer goud vir die borssak kettinkies gemaak, gedraai soos tou.
16. Hulle het ook twee goue monterings en twee goue ringe gemaak. Die twee ringe is agter aan die twee boonste hoeke van die borssak vasgewerk
17. en aan elkeen van hierdie ringe aan die hoeke van die borssak is 'n goue kettinkie vasgemaak.
18. Die ander twee punte van die kettinkies is aan die twee monterings aan die voorkant van die skouerbande van die skouerkleed vasgemaak.
19. Hulle het nog twee goue ringe gemaak en dit vasgewerk aan die onderste hoeke van die borssak, aan die agterkant waar dit teen die skouerkleed is.
20. Hulle het nog twee ander goue ringe gemaak en dit aan die twee skouerbande van die skouerkleed vasgesit, laag af aan die voorkant, aan die naat net bo die gordel.
21. Die ringe van die borssak is met 'n blou toutjie aan die ringe van die skouerkleed vasgemaak, net bokant die gordel van die skouerkleed, sodat die borssak nie van die skouerkleed af wegskuif nie. Dit alles is gedoen volgens die voorskrif van die Here aan Moses.
22. Die mantel wat saam met die skouerkleed gedra word, is as een stuk blou wolstof geweef.
23. In sy middel was daar 'n opening omgeboor, sterk soos 'n pantserhemp dat dit nie kan skeur nie.
24. Vir die some van die mantel het hulle granaatjies gemaak van goed geweefde blou, pers en bloedrooi wolstof.
25. Dan het hulle ook klokkies van suiwer goud gemaak en die klokkies tussen die granaatjies rondom die hele soom van die mantel vasgewerk,
26. een klokkie tussen elke twee granaatjies. Die mantel was vir diens bestem soos die Here dit vir Moses beveel het.