Eksodus 29:40-45 Afrikaans 1983 (AFR83)

40. Saam met die eerste lam moet jy een en 'n half kilogram fynmeel offer, gemeng met een liter suiwer olie en een liter wyn.

41. Die tweede lam moet jy teen die aand offer met dieselfde offer van meel, olie en wyn daarby as in die oggend. Dit moet 'n vuuroffer wees wat Ek met graagte aanvaar.

42. “Julle nakomelinge moet altyd 'n brandoffer vir My bring by die deur van die tent van ontmoeting. Dit is waar Ek julle sal ontmoet en met jou sal praat.

43. Dáár sal Ek die Israeliete ontmoet en daar sal hulle geheilig word deur my magtige teenwoordigheid.

44. Ek sal die tent van ontmoeting en die altaar heilig en ook vir Aäron en sy seuns om My as priesters te dien.

45. Ek sal tussen die Israeliete woon en hulle God wees.

Eksodus 29