Eksodus 27:9-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. “Jy moet ook 'n voorhof vir die tabernakel maak. Aan die suidekant, die regterkant, moet daar gordyne van goed geweefde linne wees, vyftig meter breed.

10. Om die gordyne te hang, moet daar twintig style met twintig bronsvoetstukke wees en ook kramme aan die style, en silwergordynstokke.

11. “Ook aan die noordekant moet die gordyne vyftig meter breed wees. Daar moet twintig style en twintig bronsvoetstukke wees, kramme aan die style, en silwergordynstokke.

12. “In die breedte van die voorhof, aan die westekant, moet die gordyne vyf en twintig meter breed wees met tien style en tien voetstukke.

13. “Die breedte van die voorhof aan die voorkant, die oostekant, moet ook vyf en twintig meter wees.

14. Die gordyne aan die een kant hiervan moet sewe en 'n half meter breed wees, dit moet drie style en drie voetstukke hê,

15. en aan die ander kant moet die gordyne ook sewe en 'n half meter breed wees met drie style en drie voetstukke.

Eksodus 27