6. Jy moet ook nog vyftig goue hakies maak om die twee stroke materiaal aanmekaar vas te maak sodat die tabernakel een geheel kan wees.
7. “Jy moet 'n tent van bokhaarmateriaal maak om oor die tabernakel te sit. Jy moet elf stukke bokhaarmateriaal gebruik,
8. en elkeen moet vyftien meter lank en twee meter breed wees. Hulle moet almal presies ewe groot wees.
9. “Jy moet eers vyf stukke aanmekaar werk en dan weer die ses ander stukke. Vou die sesde stuk dubbel aan die voorkant van die tent.
10. Jy moet vyftig lissies vaswerk aan die een kant van die een strook en so ook vyftig aan die een kant van die ander strook.
11. Jy moet vyftig bronshakies maak en die hakies deur die lissies haak om die stroke aanmekaar vas te maak sodat die tent een stuk is.
12. Die deel van die een strook materiaal wat oorskiet, moet by die agterkant van die tabernakel oorhang.
13. Die vyftig sentimeter wat weerskante in die lengte van die stroke oorskiet, moet dus weerskante van die sye van die tabernakel 'n oorhang wees om dit toe te maak.