26. Jy moet vier goue ringe vir die tafel maak en dit aan die vier hoeke vassit, regoor die vier pote.
27. Die ringe moet naby die band vas kom sodat die draaghoute deur hulle gesteek kan word om die tafel mee te dra.
28. Maak die draaghoute waarmee die tafel gedra moet word, van doringhout en trek hulle oor met goud.
29. “Maak vir die tafel skottels, panne, kanne en komme, alles van suiwer goud. Gebruik dit om die drankoffer mee uit te giet.
30. Sit offerbrood op die tafel. Dit moet altyd daar voor My in my teenwoordigheid wees.”
31. “Jy moet 'n kandelaar van suiwer goud maak. Dit moet van geslae goud wees, sodat die kandelaar se voetstuk, stam, blomkelke, knoppe en kroonblare alles een geheel is.
32. Daar moet ses arms uit die stam vertak, drie aan elke kant.