1. Die Here het vir Moses gesê:
2. “Sê vir die Israeliete hulle moet elkeen vir My 'n offergawe bring. Julle moet die offergawes aanvaar soos dit vir My aangebied word,
3. en wel die volgende: goud, silwer en brons;
4. verder ook nog blou, pers en bloedrooi wolstof, linne, bokhaar,
5. rooigekleurde ramsvelle, gebreide velle en doringhout;
6. olie vir die lampe, balsem vir salfolie en vir geurige wierookoffers;
7. oniks en ander halfedelstene waarmee die skouerkleed en borssak van die hoëpriester versier kan word.