Eksodus 23:28-33 Afrikaans 1983 (AFR83)

28. Ek sal die Hewiete, Kanaäniete en Hetiete die skrik op die lyf jaag en hulle voor jou uit verdryf.

29. “Ek sal hulle egter nie dadelik voor jou uitdryf nie, sodat die land nie leeg lê en die wilde diere te veel word nie.

30. Ek sal hulle bietjie vir bietjie voor jou uit verdryf totdat jou mense genoeg is om die land in besit te neem.

31. Ek sal jou grens vasstel van die Rietsee af tot by die Filistynse See en van die woestyn af tot by die Eufraatrivier. Ek sal die inwoners van hierdie land in jou mag gee, en jy moet hulle uitdryf.

32. “Jy mag nie met hulle of hulle gode 'n verdrag sluit nie.

33. Hulle mag nie in jou land bly woon nie, want dan sal hulle jou verlei om teen My te sondig deur hulle gode te dien. Dan sal hulle jou tot 'n val bring.”

Eksodus 23