Eksodus 15:6-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. U regterhand, Here, gedug in sy krag,u regterhand, Here, verpletter die vyand.

7. U is hoog verhewe,U vernietig wie teen U opstaan,U laat u toorn woed, dit verteer hulle soos kaf.

8. U wind het gewaai:die water dam op,strome staan regop soos 'n muur,watermassas stol in die hart van die see.

9. Die vyand sê:‘Ek sal hulle agtervolg en inhaal, ek sal die buit verdeel, ek sal my sin kry, ek sal my swaard trek, my hand sal hulle verslaan.’

10. “U laat u wind waai:die see oordek hulle,hulle sink soos lood in die magtige waters.

11. Wie van die gode is soos U, Here?Wie is soos U, so hoog geëer en heilig?In lofsange word U vereer, Bewerker van wonderdade!

12. U het u regterhand uitgesteek;die aarde het die vyand ingesluk.

13. Deur u trou het U die volk geleiwat deur U verlos is,hulle deur u krag gebring na u gewyde land toe.

14. Die volke het dit gehoor en hulle het gesidder,angs het die bewoners van Filistea beetgepak,

15. die stamhoofde van Edom was verskrik,die magtiges van Moab vreesbevange,al die bewoners van Kanaän was lam geskrik.

Eksodus 15