Eksodus 13:9-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. Die fees moet vir julle wees soos 'n teken op die hand of 'n merk op die voorkop sodat julle altyd sal getuig dat die Here Hom aan julle geopenbaar het, want dit is met sy groot mag dat Hy julle uit Egipte bevry het.

10. Julle moet hierdie voorskrif van jaar tot jaar op die bepaalde tyd nakom.

11. “Wanneer die Here julle nou bring in die land van die Kanaäniete en dit aan julle gee, soos Hy met 'n eed aan julle en julle voorvaders belowe het,

12. moet julle elke manlike eersteling wat gebore word, aan die Here wy, en ook elke manlike eersteling van julle vee vir die Here afstaan.

13. Elke eerste hingsvulletjie van 'n donkie moet julle egter met 'n skaap loskoop. As julle hom nie kan loskoop nie, moet julle sy nek breek. Julle moet ook al julle eersgebore seuns loskoop.

14. As julle kinders later sou vra: ‘Wat beteken dit?’ moet julle vir hulle sê: ‘Met groot mag het die Here ons uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry,

15. want toe die farao te hardkoppig was om ons te laat trek, het die Here al die eerstelinge van die Egiptenaars laat sterwe, mens en dier. Om hierdie rede offer ons die manlike eersteling van elke dier aan die Here, maar koop ons elke eersgebore seun los.’

Eksodus 13