Deuteronomium 33:9-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. Hy het van sy pa en ma gesê:‘Ek hou nie rekening met hulle nie.’Hy het sy broers nie erken nie,sy seuns nie as familie beskou nie.Die mense van Levi is gehoorsaam aan u bevele,hulle eerbiedig u verbond.

10. Hulle sal vir Jakob in u bepalings onderrig,vir Israel in u wet.Hulle sal wierookoffers voor U kom neersit,brandoffers op u altaar.

11. Seën sy werk, Here!Aanvaar wat hy doen!Tref sy teenstanders waar hulle krag sit,tref sy haters sodat hulle nie weer opstaan nie.”

12. Oor Benjamin het Moses gesê:“Wie deur die Here bemin word, is veilig by Hom,skuil altyd by Homen leef onder sy beskerming.”

13. Oor Josef het Moses gesê:“Mag sy land deur die Here geseën word:met die beste uit die hemel, met douen met die beste uit die water diep onder die grond,

14. met die beste wat deur die son gegee kan worden met die beste wat deur elke maand opgelewer kan word,

15. met die beste uit die gryse bergeen met die beste uit die ou-ou heuwels,

16. met die beste uit die aarde en wat daarop isen met die toegeneentheid van Hom wat woon in die doringbos.Mag dit alles op Josef kom,op hom wat heerser is oor sy broers.

17. Hy sal trots wees soos 'n jong bul,so sterk soos 'n buffel.Hy sal volke met sy krag rondjaag,almal saam tot in die uithoeke van die aarde.Mag die tienduisende van Efraim so weesen ook die duisende van Manasse.”

18. Oor Sebulon het Moses gesê:“Jy moet bly wees, Sebulon, as jy op pad gaan;Issaskar, jy moet bly wees as jy by die huis bly.

19. “Hulle twee nooi volke na die berg toeen offer daar die offers wat voorgeskryf is.Hulle twee geniet die oorvloed uit die see,die skatte wat deur die sand bedek word.”

Deuteronomium 33