4. Moses het ons 'n wet gegee,dit is 'n besitting vir die volk van Jakob.
5. Die Here het koning geword oor Jesuruntoe die volksleiers,al die stamme van Israel, bymekaargekom het.
6. “Ruben moet lewe, hy mag nie sterf nie;hy moet 'n groot volk word.”
7. Oor Juda het Moses gesê:“Here, luister na Juda!Bring hom na sy volk toe;maak hom sterk,wees vir hom 'n hulp teen sy teenstanders.”
8. Oor Levi het Moses gesê:“U tummim en u urim is toevertrou aan u troue dienaar,U het hom by Massa op die proef gestel,U het 'n saak teen hom gehad by die Meribawaters.
9. Hy het van sy pa en ma gesê:‘Ek hou nie rekening met hulle nie.’Hy het sy broers nie erken nie,sy seuns nie as familie beskou nie.Die mense van Levi is gehoorsaam aan u bevele,hulle eerbiedig u verbond.
10. Hulle sal vir Jakob in u bepalings onderrig,vir Israel in u wet.Hulle sal wierookoffers voor U kom neersit,brandoffers op u altaar.
11. Seën sy werk, Here!Aanvaar wat hy doen!Tref sy teenstanders waar hulle krag sit,tref sy haters sodat hulle nie weer opstaan nie.”