14. met die beste wat deur die son gegee kan worden met die beste wat deur elke maand opgelewer kan word,
15. met die beste uit die gryse bergeen met die beste uit die ou-ou heuwels,
16. met die beste uit die aarde en wat daarop isen met die toegeneentheid van Hom wat woon in die doringbos.Mag dit alles op Josef kom,op hom wat heerser is oor sy broers.
17. Hy sal trots wees soos 'n jong bul,so sterk soos 'n buffel.Hy sal volke met sy krag rondjaag,almal saam tot in die uithoeke van die aarde.Mag die tienduisende van Efraim so weesen ook die duisende van Manasse.”
18. Oor Sebulon het Moses gesê:“Jy moet bly wees, Sebulon, as jy op pad gaan;Issaskar, jy moet bly wees as jy by die huis bly.
19. “Hulle twee nooi volke na die berg toeen offer daar die offers wat voorgeskryf is.Hulle twee geniet die oorvloed uit die see,die skatte wat deur die sand bedek word.”
20. Oor Gad het Moses gesê:“Geseënd is elkeen wat vir Gad woonplek gee.Hy lê soos 'n leeu, sterkes en leiers is sy prooi.
21. Gad het die beste vir hom gekies,want sy land is 'n uitsoekdeel, 'n terrasland.Gad het met die leiers van die volk gekomen die wil van die Here gedoenen saam met Israel die bepalings van die Here nagekom.”
22. Oor Dan het Moses gesê:“Dan is 'n jong leeu,hy bespring sy prooi van Basan af.”
23. Oor Naftali het Moses gesê:“Naftali geniet baie guns,hy word ryklik geseën deur die Hereen besit die see en die suide.”
24. Oor Aser het Moses gesê:“Aser is meer geseënd as die ander seuns,hy is die gunsteling onder sy broersen hy sal sy voete met olie was.
25. Jou sluitbalke is van yster en brons.Mag jy jou lewe lank rustig woon.
26. “Jesurun, daar is niemand soos God nie,Hy ry deur die hemel om jou te kom help,in sy majesteit ry Hy op die wolke.