Deuteronomium 32:2-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. My onderrig kom na julle toe soos reënwater,my woorde verkwik julle soos dou,soos sagte reëns op die grassies,soos reënbuie op die graan.

3. Ek wil die Naam van die Here roem.Prys ons God om sy grootheid!

4. Hy is die Rots, sy werk is volmaak,alles wat Hy doen, is regverdig.Hy is die getroue God, sonder onreg,Hy is regverdig en betroubaar.

5. “Israel is ontrou aan die Here,nie meer sy kinders nie,nie geskik vir sy diens nie,vals en korrup.

Deuteronomium 32