19. “Teken hierdie lied vir julle op en leer dit vir die Israeliete. Laat hulle dit sing sodat die lied my getuie teen hulle kan wees.
20. Wanneer Ek vir Israel gebring het in die land wat Ek aan sy voorvaders met 'n eed beloof het, die land wat oorloop van melk en heuning, sal Israel genoeg eet en lekker lewe en dan sal hy ander gode aanhang en hulle dien. Hulle sal My minag en my verbond verbreek.
21. Wanneer baie plae en rampe hom dan tref, sal hierdie lied teen hom getuig, want dit sal nie deur sy nageslag vergeet word nie. Ek weet wat daar vandag in Israel se hart omgaan, hier net voordat Ek hom inbring in die land waaroor Ek 'n eed afgelê het.”
22. Moses het daardie selfde dag nog die lied opgeteken en dit vir die Israeliete geleer.
23. Die Here het ook vir Josua seun van Nun beveel: “Wees sterk, wees dapper! Jy sal die Israeliete inbring in die land wat Ek met 'n eed aan hulle beloof het, en Ek sal by jou wees.”