Deuteronomium 21:14-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. As jy later nie meer lief is vir haar nie, moet jy haar laat gaan waarheen sy wil. Jy mag haar nie verkoop nie, jy mag haar ook nie as slavin gebruik nie, want jy het met haar gemeenskap gehad.

15. “Wanneer 'n man twee vrouens het, een wat hy liefhet en een van wie hy nie hou nie, en albei het vir hom kinders in die wêreld gebring, en die oudste seun is die kind van die vrou van wie hy nie hou nie,

16. mag hy nie die seun van die vrou wat hy liefhet, in sy testament as sy oudste beskou en hom bevoorreg bo die seun wat eintlik sy oudste is nie, die seun van die vrou van wie hy nie hou nie.

17. Die man moet die seun van die vrou van wie hy nie hou nie, as oudste erken deur aan hom 'n dubbele deel van alles te gee. Hy is die eersteling van die man se manlike krag, en die reg van die eersteling kom hom toe.

18. “Wanneer 'n man 'n opstandige en ongehoorsame seun het wat nie na sy pa en ma wil luister nie, selfs al straf hulle hom,

19. moet hulle hom na die leiers van die stad toe vat by die stadspoort.

Deuteronomium 21