Daniël 2:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. In die tweede regeringsjaar van koning Nebukadnesar het hy 'n droom gehad wat hom so ontstel het dat hy nie kon slaap nie.

2. Toe het hy die towenaars, die voorspellers, die goëlaars en die sterrekykers laat roep om sy droom vir hom uit te lê. Hulle het toe voor die koning kom staan

3. en hy het vir hulle gesê: “Ek is ontsteld oor 'n droom wat ek gehad het en ek wil weet wat die droom beteken.”

4. Die sterrekykers het die koning in Aramees geantwoord: “Mag die koning baie lank lewe! Vertel ons die droom, dan sal ons dit vir u uitlê.”

Daniël 2