11. Daardie dag bou Ek die vervalle hut van Dawid weer op;Ek stop sy barste toe en bou sy murasies op,Ek herbou hom soos hy in die ou tyd was,
12. sodat my volk die oorwinnaar sal wees oor wat van Edom oor is,oor al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, sê die Here.Hy sal dit doen.
13. Daar kom 'n tyd, sê die Here,dat daar direk na die oes geploeg sal worden dat daar direk na die saaityd gepars sal word.Die berge sal van druiwesap drup,al die heuwels sal deurnat wees.
14. Ek sal die lot van my volk Israel verander:hulle sal die verlate stede herbou en bewoon,hulle sal wingerde plant en die wyn daarvan drink,hulle sal tuine aanlê en die vrugte daarvan eet.
15. Ek sal my volk weer in hulle grond plant,en hulle sal nie weer uitgeruk word uit die grondwat Ek hulle gegee het nie, sê die Here jou God.