13. In Bet-El mag jy nie meer as profeet optree nie, want dit is die koninklike heiligdom, die staatstempel.”
14. Amos het toe vir Amasia geantwoord: “Ek is nie so 'n profeet nie en ek behoort nie tot die profetekring nie, ek boer met vee en kweek wildevye.
15. Maar die Here het my agter die kleinvee weggevat en Hy het vir my gesê: Gaan tree as profeet op teen my volk Israel.
16. “Hoor dan nou die woord van die Here! Jy sê ek moenie as profeet optree teen Israel nie, ek mag nie as siener teen die nageslag van Isak praat nie.
17. Maar so sê die Here:“Jou vrou sal 'n prostituut word in die stad,jou seuns en jou dogters sal met die swaard afgemaai word,jou grond sal tussen ander verdeel word,jy sal in 'n onrein land sterf,en Israel sal in ballingskap weggevoer worduit sy land uit.”